Elmarié
Eintlik moes ek ‘n geskenk bring.
Laat ek maar vir jou ‘n liedjie sing.
Mag jy vandag lekker verjaar.
Al die geluk wat jy kan vergaar.
Regeer jou mooi lewe nou.
In alles wat jy die jaar wil bou.
Erken net dat jy op Hom kan vertrou.
Uit die pen van Jan Venter
Elmarié
Eintlik moes ek ‘n geskenk bring.
Laat ek maar vir jou ‘n liedjie sing.
Mag jy vandag lekker verjaar.
Al die geluk wat jy kan vergaar.
Regeer jou mooi lewe nou.
In alles wat jy die jaar wil bou.
Erken net dat jy op Hom kan vertrou.
Ek sê baie dankie my vrind
Lieflike herinneringe sien ek in die boek
Sê my waar het jy dit toe gevind.
Al het ek meer as 60 jaar daana gesoek.
Jy kom met ver draaie na ons
En klein soos jy is, laat jy harte bons.
Sefs die dikvelligste mens
Sou graag ook sy diepste wens
In jou wese so volmaak wou sien.
Cute like blossoms in the spring …
Ag jy is sommer tien uit tien !!!
In 1951 het ek as klerk van die kriminele hof in Krugersdorp gewerk. Ek het myself loseer in ‘n kamer met ‘n straataansig in Lake Avenue 49. Gedurende die laat middag van 13 Februarie was ek besig om my aandete te nuttig. Dit was twee Weet Bix met botter en ‘n knippie sout.
Soos ek so by die venster uitstaar, sien ek twee meisies daar verby loop in die rigting van Markstraat. Ek gryp toe my baadjie en sit die meisies agterna. By Markstaat draai die meisies toe links in die rigting van die dorp. Net verby die spruit haal ek toe die meisies in en ek vra toe: “Is julle dames nie bang om so alleen rond te loop nie?” Nadat ek my toe aan hulle voorgestel het, vra ek hulle of hulle nie saam met my na die mallemeule net oorkant die straat wou gaan nie. Hulle het albei ingewillig.
Ons het toe alles daar geniet. Van die skoppelmaaie tot die Wall of Death waar ‘n waaghals met ‘n motorfiets teen die muur opgery het.
Ons het saam spookasem en kiepiemielies geëet. Annetjie, die blonde enetjie, het ‘n baie innemende geaardheid gehad terwyl Yvonne, Annetjie se vriendin, baie afsydig was. Annetjie het net gesê dat hulle voor tienuur die aand by die huis moes wees. Ons is toe so halftien daar weg van die mallemeule nadat ons die aand darem baie geniet het.
Ek stap toe saam met hulle tot by hulle huis. Dit was 19 Lake Avenue. Yvonne het net nag gesê en is dadelik die huis in. Annetjie het nog buite getalm, maar my nie ingenooi nie. Ek het gevra of ek haar weer kan besoek. Sy het toe ja gesê en genoem dat sy nou moet ingaan. Ek het my hand uitgesteek om haar te groet. Toe sit sy sommer haar hande om my lyf onder my baadjie in. Sy sê toe dat sy koud kry. Sy is toe die huis in sonder om my hand te skud.
Dit was die begin van groot dinge en ons het altyd die 13de as ‘n herdenking gevier.
Hoe dikwels word daar gesê,
En dan word die Bybel aangehaal:
Rig jou net op die toekoms wat voorlê.
In jou verlede was jy opgesaal
Net met kruise wat jy moet agterlaat.
Nogtans brand dit in my hart
En trane wel in my oë.
Regtig herleef ek weer die smart
Innig soos in baie dae vervloë.
Nou kan ek my net op die HERE verlaat.
Geloof, hoop en liefde is al wat oorbly.
Ek vertrou mooi herinneringe sal net drome bly.
“J y is my kind.
E k is jou Saligmaker,”
S ê sy Stem op die wind.
U is my Bewaarder,
S o bly ek het U gevind!
Ek stap saam met jou die bultjie op
Is dit die bult of my gevoelens wat my hart so laat klop?
Ek voel toe eers of die ring nog daar is
Toe vra ek die vraag wat so swaar is:
“Botsie-skattie, wil jy my verloofde wees?”
Jou koppie knik, in jou oë is ” Ja ” te lees.
Die ring gly oor die vinger van jou linkerhand,
Toe is dit jou lippe wat op myne brand.
Net daarna sê jy sag:
“Maak gou, die mense wag”
29 Julie 2014.
‘n Mens kan nie ‘n vlinder mak maak nie.
Wie sal verstaan, ek vra weer wie
Sal begrip hê vir die oomblik van genot
Tussen vlinder en die blom wat bot?
Die vlinder vlieg voort na die volgende blom
Wyl die blom smag dat die vlinder weer moet kom.
Kortstondig was hul liefdesverhouding nou.
Net die blom sal dit lank nog kan onthou.
Jy moenie probeer om ‘n vlinder te tem nie
Want jy verstaan nie haar sangstem nie!
UIt die Pen van Jan Venter – Gedig – VLINDER
Kuns is `n talent God-gegewe
Wat jou na `n hoër estetiese vlak laat swewe
Jy kan dié talent gebruik of onderdruk
Tot jou siel se voordeel of ongeluk.
Hoe beskryf jy kuns, wat leef in jou innerlike mens?
Is dit jou begeertes, jou liefde, jou diepste wens?
Het ek tog die kennis, die insig, die wysheid;
Miskien sal ek dit kan beskryf op my oudag in my grysheid.
Die kuns is onsigbaar, ontasbaar, tog draai die wêreld daarom.
Daar is duisende liedjies wat sing van die muse – waarom?
Dit is jou diepste gevoelens wat uitborrel, wat oorkook
En dan in dwalende melodië by jou kom spook.
Dit is maar een faset van die kuns wat `n mens kan bekoor,
Maar as jy op my ‘tone trap’, onthou ek het ook gevoelens, hoor!
Klasie Vaak ons vra vir jou
Neem vir Jessie saam met jou
Neem vir haar na Droomland toe
Want haar ogies val al toe.
Jy sal nou jou sandjies bring
Jy is mos ‘n skelme ding
Want die mense van jou soort
Kan mos kom uit enige oord.
Daar kom Klasie om die hoek
Hy kom seker Jessie soek
Jy sal nou moet gou gou maak
Want sy is al baie vaak
As ek ‘n vors was met grote mag
Sou ek jou oorlaai met pêrels en smarag!
Luukse juwele, prag en praal,
Ewiglik sou dit jou omstraal.
Was ek ‘n koning van ‘n land
Sou ons regeer het, hand aan hand.
Al my eer sou jy ook kon deel.
Ons sou alle vredes met liefde beseël.
Was ek ‘n rykman met baie geld,
Sou jy nie meer goud as edel meld.
Oniks, saffiere, diamante en robyne
Sou jou dek op jou kleed van sy en satyne.
Was ek ‘n skilder met verf en penseel
Sou ek jou skilder in sy en fluweel.
Daarmee sou ek die grootste eer behaal
As die beste skilder wat nimmer faal.
Was ek ‘n sanger sou ek sing:
Ek sou die wêreld ‘n nuwe liedjie bring;
Ek sou sing van jou skoonheid ongeskonde,
En van jou haartjies, golwend, ongebonde.
As krygsman sou ek Napoleon se werk doen.
Net om jou eenmaal te kon soen.
Vir jou sou ek ‘n duisend Waterloo’s stry.
Ek sou besete veg en geen neerlae ly.
Maar ek is ‘n arme ellendeling
Met net my liefde as besitting.
Knielend voor jou bied ek my hart getrou,
Wat jy kan breek of wat jy kan hou.
Daar was eendag ‘n vreeslike groot reus
En hy het ‘n groot boggel op sy neus.
Nou as hy ooit moes nies
Maak hy sommer die hele wêreld vies,
Want dit is soos ‘n groot aardbewing
Waar almal veg vir hul oorlewing.
Op ‘n dag nies hy toe so luid
Dat die noorde verander na suid.
Almal wat wil huistoe gaan
Verdwaal en gaan na die maan.
Die wêreld was toe leeg
Behalwe die reus met sy neus vol deeg.
Deeg? Waar kom dit vandaan?
Kom laat ons die petalje gadeslaan.
Die nies was toe so ontsettend,
Dit was al die tyd so verpletterend
Dat dit al die land se koring en meel
In deeg verander, kan jy jou verbeel.
Die reus was toe eensaam en alleen
En hy het sy nagte toe omgeween.
Hy besluit toe om na die maan te spring
En om al die mense terug aarde toe te bring.
Hy beloof toe ook so opreg:
“Nooit nies ek weer so sleg.”